Anorexia nervosa | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
"Miss A", afgebeeld in 1866 en na behandeling in 1870. Uit die gepubliseerde mediese geskrifte van sir William Gull. | ||
ICD-10 | F50.0-F50.1 | |
ICD-9 | 307.1 | |
OMIM | 606788 | |
DiseasesDB | 749 | |
MedlinePlus | 000362 | |
eMedicine | emerg/34med/144 | |
MeSH | D000856 | |
Mediese waarskuwing |
Anorexia nervosa (of anoreksie)[1] is 'n eetsteuring wat deur 'n lae gewig, vrees om gewig op te tel, 'n desperate begeerte om maer te wees, en voedselbeperking gekenmerk word.[2] Baie mense met anoreksie beskou hulleself as oorgewig, selfs al is hulle in werklikheid ondergewig.[2][3] Hulle weeg hulleself gereeld, eet net klein hoeveelhede, en eet net sekere kosse. Sommige oefen oormatig, forseer hulleself om te braak of gebruik lakseermiddels om gewigsverlies te bevorder. Komplikasies kan osteoporose, onvrugbaarheid en hartskade insluit.[2] Vroue sal dikwels ophou menstrueer.[4]