Sendingwapen | |
Die Apollo 11-wapen bevat 'n arend, met uitgestrekte vlerke en 'n olyftakkie op die maan met die aarde in die agtergrond. Die omranding is in blou en goudkleur | |
Sendingstatistiek | |
Sendingnaam: | Apollo 11 |
Roepteken: | Beheermodule: Columbia Maanmodule: Eagle |
Bemanningslede: | 3 |
Lansering: | 16 Julie 1969 om 13:32:00 UTC Kennedy-ruimtesentrum LC 39A |
Maanlanding: | 20 Julie 1969 om 20:17:40 UTC 0.67°N 23.47°O Sea of Tranquility |
Maanuitstappies: | 2 uur 31 min 40 sek |
Tyd op die maan: | 21 uur 30 min |
Aardlanding: | 24 Julie 1969 16:50:35 UTC Noordelike Stille Oseaan 13°19′N 169°9′W / 13.317°N 169.150°W |
Tydsduur: | 8 dae, 3 ure 18,5 minute |
Apollo 11 was die Amerikaanse ruimtesending waarmee die eerste mense op die maan, die Amerikaners Neil Armstrong en Buzz Aldrin, geland het op 20 Julie 1969 om 20:17:40 UTC.
Armstrong was die eerste mens om op die maanoppervlak te loop, ses uur later op 21 Julie 02:56 UTC. Armstrong het ongeveer twee en 'n half ure buite die ruimtetuig vertoef en Aldrin effens minder, en saam het hulle 21,5 kg (47,5 pond) se maanmateriaal ingesamel om terug te neem na die aarde. Die derde lid van die sending, Michael Collins, het alleen in die beheermodule van die ruimtetuig in 'n wentelbaan om die maan gevlieg, totdat Armstrong en Aldrin later na hom teruggekeer het vir hul reis terug na die Aarde.