| |||||
Nasionale leuse: En unión y libertad (Spaans vir: "In Eenheid en Vryheid") | |||||
Volkslied: Himno Nacional Argentino | |||||
Hoofstad | Esperanza-basis | ||||
Grootste stad | Esperanza-basis | ||||
Amptelike tale | Spaans (de facto) | ||||
Regering • President
• Goewerneur |
Argentynse oorsese gebied Cristina Fernández de Kirchner Fabiana Ríos | ||||
Onafhanklikheid Stigting
• Geëis |
20ste eeu | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
965 597 km2 372 819 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2010-skatting - Digtheid |
230 (-) / km2 | ||||
Geldeenheid | Argentynse peso (ARS )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
ART (UTC-3) nie toegepas nie (UTC-3) | ||||
Internet-TLD | .ar, aq | ||||
Skakelkode | +0054 + 02901 |
Argentyns-Antarktika (Spaans: Antártida Argentina) is 'n sektor van Antarktika wat deur Argentinië as deel van sy nasionale grondgebied beskou word. Die Argentyns-Antarktiese gebied, wat bestaan uit die Antarktiese skiereiland en 'n driehoekige gedeelte wat tot by die Suidpool strek, word begrens deur die 25° Wes- en 74° Wes-meridiane en die 60° Suid-breedtegraad. Administratief is Argentyns-Antarktika 'n department van die provinsie van Tierra del Fuego, Antarktika en Suid-Atlantiese Eilande. Die provinsiale owerhede is in Ushuaia gesetel en die Goewerneur wys elke jaar sy afgevaardigde vir die Antarktika gebied aan, wat dus burgerlike mag in die gebied verteenwoordig. Daar is oorvleuelende aansprake op die gebied deur Chili en die Verenigde Koninkryk. "Burgerlike mag" van enige van die administrateurs strek dus niks verder as die land se eie basisse nie.
Argentynse verkenning van die gebied het vroeg in die 20ste eeu begin. José María Sobral was die eerste Argentyn om Antarktika in 1901 te betree, waar hy twee seisoene met die ekspedisie van dr. Otto Nordenskjöld spandeer het. Kort daarna, in 1904, tree die Orcadas-permanente basis reeds ten volle in werking. Jare later word ander basisse opgerig, sommige permanent en ander seisoenaal. Die eerste Argentynse ekspedisie om die Suidpool te bereik was die Operación 90 in 1965.