Die Asteke (Nahuatl: aztecatl, [asˈtekat͡ɬ] (eenvoud) en aztecah, [asˈtekaʔ] (meervoud), letterlik: "mense van Aztlan") of Meksika (Mexi'ca, [meːˈʃiʔkaʔ], letterlik: "Meksikane") was 'n Meso-Amerikaanse beskawing wat tussen ongeveer 1300 en 1521 in die huidige Meksiko bestaan het. Die sentrum van hul beskawing was die voorganger van die huidige Meksikostad, in 'n stad genaamd Tenochtitlan, geleë. Hulle het vermoedelik van die Tolteke afgestam. Die Asteke was oorlogsagtig en is bekend vir hul indrukwekkende geboue, goue juweliersware en ingewikkelde sosiale en godsdienstige gebruike, waaronder menslike offerandes. Hierdie offers is uitgevoer in die oortuiging dat die son andersins nie meer sou opkom nie. In die oorlog teen die Spaanse veroweraars (1519–1521), onder leiding van Hernán Cortés, het hul laaste religieus-politieke leier Moctezuma II gesneuwel. Hulle taal was Nahuatl.[1]