Atlanta Braves

Die Braves se kenteken op hul bofbalpet.
Die Braves se nuwe tuisstadion, Truist Park, onder konstruksie in Julie 2016.
Die South End Grounds (1871–1914) in omstreeks 1888.
Turner Field (1997–2016), die Braves se vorige tuisveld, voordat hulle verskuif het na Truist Park in 2017.
John Smoltz

Die Atlanta Braves is 'n Amerikaanse professionele bofbalspan wat gebaseer is in Atlanta. Die Braves kompeteer in Hoofligabofbal (MLB) as 'n lid van die Nasionale Liga (NL) se Oostelike Divisie (AL-Oos). Die Braves is in 1871 in Boston, Massachusetts, gestig as die Boston Red Stockings, en was tot 1912 onder verskeie name bekend voordat dit uiteindelik besluit het op die naam Boston Braves. Die Braves is die oudste deurlopend-bestaande professionele sportfranchise in Noord-Amerika.[1][2]

Na 81 seisoene en een Wêreldreeks-titel in Boston, het die klub in 1953 na Milwaukee, Wisconsin, verskuif. Met 'n lys sterspelers soos Hank Aaron, Eddie Mathews, en Warren Spahn, het die Milwaukee Braves die Wêreldreeks in 1957 gewen. Ten spyte van die span se sukses het bywoningsgetalle afgeneem. Die klub se eienaars het die span in 1966 na Atlanta, Georgia, verskuif.

Die Braves was tot 1991 nie juis suksesvol in Atlanta nie. Van 1991 tot 2005 was die Braves egter een van die mees suksesvolle spanne in bofbal, met 'n ongeëwenaarde 14 opeenvolgende divisietitels,[3][4][5] waartydens die span 'n MLB-rekord opgestel het, met agt opeenvolgende verskynings in die Nasionale Liga Kampioenskapsreeks. In die jare het die span ook een van beste boulrotasies gehad, met boulers soos Greg Maddux, John Smoltz en Tom Glavine, wat al drie opgeneem is in die Bofbal Heldesaal (Hall of Fame).[6]

Die Braves is een van twee oorblywende Nasionale Liga spanne wat in 1876 gedebuteer het.[7] Die klub hou die rekord in Major League Baseball met 23 divisietitels, 18 Nasionale Liga wimpels, en vier Wêreldreeksoorwinnings. Die Braves is die enigste MLB franchise wat die Wêreldreeks in drie verskillende tuisstede gewen het. [8] Aan die einde van die 2023-seisoen was die Braves se algehele wen-verloor-gelykop rekord 11,025 gewen, 10,876 verloor en 154 wedstryde gelykop gespeel ('n gemiddelde wenpersentasie van .503). Sedert die span in 1966 na Atlanta verskuif het, is die span se algehele wen-verloor-gelykop rekord (soos bereken aan die einde van die 2023-seisoen) 4,761 gewen, 4,388 verloor en 8 gelykop gespeel ('n gemiddelde wenpersentasie van .520).[9]

  1. "Story of the Braves". Braves.com. MLB Advanced Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2019. Besoek op 18 Februarie 2019.
  2. Die Chicago Cubs is 'n volle seisoen ouer, aangesien hulle oorspronklik as die Chicago White Stockings in 1870 gestig is. Die White Stockings het egter nie 'n span vir die 1871- of 1872-seisoen beskikbaar gestel nie weens die Groot brand van Chicago in 1871. Die Braves het dus meer opeenvolgende seisoene gespeel.
  3. "BASEBALL: NATIONAL LEAGUE ROUNDUP; Braves Clinch Division For 14th Straight Time". The New York Times (in Engels). Associated Press. 28 September 2005. Besoek op 9 Februarie 2016.
  4. Bowman, Mark (13 September 2006). "Braves have set lofty benchmark". Braves.com. MLB Advanced Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 2007. Besoek op 21 Augustus 2018.
  5. "Braves' 14 straight division titles should be cheered". MLB.com (in Engels). Besoek op 2 Junie 2021.
  6. Powell, Michael (4 Januarie 2019). "Deep in Winter, Let's Discuss the Stifling of Starting Pitchers". New York Times. Besoek op 20 Februarie 2024.
  7. Macdonald, Neil W. (18 Mei 2004). The League That Lasted: 1876 and the Founding of the National League of Professional Base Ball Clubs. McFarland. ISBN 978-0786417551.
  8. Walker, Ben (29 Oktober 1995). "Champions At Last". Indiana Gazette. Associated Press. Besoek op 21 Februarie 2024.
  9. "Atlanta Braves Team History & Encyclopedia". Baseball-Reference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 November 2020. Besoek op 11 November 2020.

Atlanta Braves

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne