Atleetvoet (tinea pedis) is 'n bekende velinfeksie wat deur 'n swam veroorsaak word. Tekens en simptome sluit dikwels jeuk, krake en 'n rooierigheid in. In seldsame gevalle sal daar blase op die voet verskyn. Atleetvoet kan enige deel van die voet affekteer, maar die swam groei oor die algemeen tussen die tone en onder die voet. [1] Dieselfde swam kan ook op hande en en onder naels groei. Dit is'n lid van die groep van siektes wat bekend staan as tinea.[2]
Atleetvoet word veroorsaak deur 'n aantal verskillende swamme. [3] Dit sluit spesies van Trichophyton, Epidermophyton, en Microsporum in.[4] Die swam word gewoonlik opgedoen deur kontak met besmette vel, of swamme in die omgewing. Algemene plekke waar die swamme leef is naby swembaddens en in die kleedkamers.[5] Hulle kan ook versprei word deur diere.
Voorkoming kan plaasvind deur om nie kaalvoet in openbare storte te loop nie, toonnaels kort te hou en daagliks skoon sokkies aan te trek.[6] Tydens besmetting moet voete droog gehou word. Die kondisie word behandel met antifungusmedikasie, per mond of plaaslik aangewend.
Atleetvoet is die eerste keer in 1908 as 'n mediese term omskryf. 15% van die wêreld se bevolking word geaffekteer deur atleetvoet.[7] Mans is oor die algemeen meer vatbaar vir atleetvoet as vroue. Dit kom die meesdikwels in ouer kinders of jonger volwassenes voor. Deur die geskiedenis was atleetvoet 'n seldsame toestand, wat sedert die 1900's al hoe meer begin verskyn het, heel waarskynlik as gevolg van die toenemende gebruik van skoene, oefenklubs, oorlog en reis.[8]
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)