Ds. Adriaan Louw (Attie) Hofmeyr (Komga, Kaapkolonie, Suid-Afrika, 28 Desember 1873 – Mvera, Njassaland, 14 Mei 1919) was een van die toegewydste en begaafste sendelinge van die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat in die destydse Njassaland gearbei het.