Ligging | Monza, Italië[1] |
---|---|
Tydsone | UTC+01:00 |
Koördinate | 45°37′14″N 9°17′22″E / 45.62056°N 9.28944°O |
Kapasiteit | 113860 |
FIA Gradering | 1 |
Eienaar | Monza & Milaan[1] |
Operateur | SIAS S.p.A.[1] |
1e Sooispit | 15 Mei 1922 |
Geopen | 3 September 1922 |
Argitek | Alfredo Rosselli |
Groot byeenkomste | FIA Formule Een Italiaanse Grand Prix Italiaanse motorfiets Grand Prix, Monza 1000 km Wêreldtoermotorkampioenskap Wêreldsuperfietskampioenskap Race of Two Worlds |
Moderne Grand Prix-baan | |
Baanoppervlak | Teer |
Lengte | 5.793[2] km (3.600 mi) |
Draaie | 11 |
Rondterekord | 1:19.525 ( Juan Pablo Montoya, Williams, 2004, Formule Een) |
Ovaalbaan | |
Baanoppervlak | Beton/Teer |
Lengte | 4.250[2] km (2.641 mi) |
Draaie | 2 |
Walle | ≈30° |
Rondterekord | 0:54.0 ( Bob Veith, Bowes Seal Fast, 1958, IndyCar) |
Juniorbaan | |
Baanoppervlak | Teer |
Lengte | 2.405[2] km (1.494 mi) |
Saamgestelde baan | |
Baanoppervlak | Teer |
Lengte | 10.00 km (6.213 mi) |
Draaie | 9 |
Rondterekord | 2.41.4 ( Phil Hill, Ferrari, 1960, Formule Een) |
Die Autodromo Nazionale di Monza is 'n historiese motorsportrenbaan naby die stad Monza, noord van Milaan, in Italië. Dit is in 1922 gebou en is die wêreld se derde doelgeboude motorrenbaan ná die van Brooklands en Indianapolis.[3] Die renbaan is algemeen bekend om die jaarlikse Formule Een Italiaanse Grand Prix te huisves.
Die baan is in Royal Villa of Monza-park in 'n bosarea gebou[4] en beskik oor drie bane – die 5,793 km Grand Prix-baan, 'n 2,405 km Juniorbaan en 'n 4,250 km hoësnelheid-ovaalbaan met steil kante wat al dekades lank nie meer gebruik word nie.[5] Die belangrikste kenmerke van die Grand Grand Prix-baan is die Curva Grande, die Curva di Lesmo, die Variante Ascari en die Curva Parabolica. Die hoëspoedkurwe, Curva Grande, is geleë na die Variante del Rettifilo aan die einde van die Rettifilo Tribune, wat gewoonlik volspoed deur Formule Een-jaers aangedurf word.
Bestuurders is die grootste deel van die rondte vol op die petrolpedaal vanweë die lang pylvakke en vinnige draaie. Dit is gewoonlik die scenario waarin die oopwiel-Formule Een-motors die ware spoed toon waartoe hulle in staat is: 372 km/h (231 mpu) behaal in die middel-2000s met die V10-enjinformule, hoewel dit in 2012 met die 2.4L V8-enjins, topsnelhede in Formule Een selde meer as 340 km/h (211 mpu) was; die 1.6L turbo-baster V6-enjin, verminderde afwaartse drukformule van 2014 behaal 'n topspoed van tot 360 km/h (224 mpu).
Die baan is oor die algemeen plat, maar het 'n geleidelike gradiënt van die tweede Lesmos tot by die Variante Ascari. As gevolg van die lae aërodinamiese profiel wat benodig word, met die gevolglike laer afwaartse druk,[6] is die greep baie laag; onderstuur is 'n ernstiger saak as by ander renbane; die teenoorgestelde effek, oorstuur, is egter ook in die tweede sektor aanwesig, wat die gebruik van 'n baie kenmerkende teenoorgestelde sluitstuurtegniek vereis. Aangesien beide maksimum krag en minimale sleur die sleutel is vir hoë topsnelhede in die pylvakke, kan slegs deelnemers met genoegsame krag of aërodinamiese doeltreffendheid tot hul beskikking goeie wedrenuitslae behaal.