| |||||
Volkslied: Internasionale Volkslied van die Sowjetunie | |||||
Hoofstad | Bakoe (ook Baki gespel) | ||||
Grootste stad | Bakoe | ||||
Amptelike tale | Geen De facto: Azerbeidjans, Russies | ||||
Regering | Sosialisties | ||||
Onafhanklikheid Bestaan
van tot |
28 April 1920 12 Desember 1991 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
86 600 km2 (9de in USSR) | ||||
Bevolking - 1989-skatting - Digtheid |
7 037 900 (6de in USSR) 81,3 / km2 | ||||
Geldeenheid | roebel (RUB )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
+5 (UTC) +5 (UTC) | ||||
Internet-TLD | .su | ||||
Skakelkode | + |
Die Azerbeidjanse Sosialistiese Sowjetrepubliek (Azerbeidjans: Azərbaycan Sovet Sosialist Respublikası; Russies: Азербайджанская Советская Социалистическая Республика, Azerbaidjanskaja Sowjetskaja Sotsialistitsjeskaja Respoeblika), ook bekend as die Azerbeidjanse SSR, was een van die republieke van die Sowjetunie.
Die republiek is op 28 April 1920 gestig. Van 12 Maart 1922 tot 5 Desember 1936 was dit saam met die Armeense Sosialistiese Sowjetrepubliek en die Georgiese Sosialistiese Sowjetrepubliek deel van die Transkaukasiese SFSR – dié het in Desember 1922 deel geword van die pas gestigte Sowjetunie. Die TSFSR is in 1936 ontbind.
Op 19 November 1990 is die Azerbeidjanse SSR hernoem tot die Republiek van Azerbeidjan, wat deel gebly het van die Sowjetunie tot sy verbrokkeling in 1991.