Bakerville | |
---|---|
Koördinate: 25°59′0″S 26°5′0″O / 25.98333°S 26.08333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Bakerville is 'n klein dorp in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika. Dit is diamantdelwerye omtrent 20km noord van Lichtenburg en beslaan 'n area van min of meer 35km van oos na wes. Dit is geleë op die Lichtenburg-Zeerust pad. Die beroemde Elandsputte-delwerye is ook hier. Bakerville of Bakers is vernoem na die eienaar, Albert Baker, en was een van verskeie 'diamantdorpe' maar is as die 'hoofdorp' beskou. Vandag is daar nog 'n handjievol bittereinders wat steeds delf op soek na die 'groot een'.