Bakoorjakkals | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | Otocyon Müller, 1835
|
Spesie: | O. megalotis
|
Binomiale naam | |
Otocyon megalotis |
Die bakoorjakkals (Otocyon megalotis), bekend vanweë sy groot ore, is 'n klein, skadelose dier wat in Oos- en Suid-Afrika voorkom. Dit is die enigste spesie in die genus Otocyon. As gevolg van die bakoorjakkels se gebit, word dit soms ook as 'n selfstandige subfamilie beskou (Otocyoninae).
Bakoorjakkalse het 'n grysbruin pels en groot, breë ore wat binne-in wit is. 'n Gemiddelde volwasse bakoorjakkals het 'n massa van 5 kg, 'n lengte van ± 80 cm en 'n hoogte van ± 35 cm. Sy ore is ongeveer 13 cm lank en goed ontwikkel is om by die woestynklimaat aan te pas. Die oppervlak van die ore is goed beaar en bevorder die verwerking van oortollige hitte.
Bakoorjakkalse lewe van insekte en ander goggas, muise en ander knaagdiere en wilde vrugte. Hulle sal ook soms klein voëltjies vang of voëleiers eet. Sy gebit lyk ook meer op dié van 'n inseketer as dié van 'n roofdier. Bakoorjakkelse het tussen 40 en 46 relatief klein tande.
Hulle kom in droë streke voor en is meestal snags aktief. Bakoorjakkalse woon alleen, in pare (met hulle kleintjies) of selfs in klein groepe. Die wyfie is vir 3 maande dragtig en skenk telkens aan 3 tot 5 kleintjies geboorte. Beide ouers help om die kleintjies groot te maak.