Balfour | |
---|---|
Koördinate: 32°32′24″S 26°40′23″O / 32.54000°S 26.67306°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Amathole |
Munisipaliteit | Raymond Mhlaba |
Oppervlak | |
• Totaal | 7,98 km2 (3,08 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 102 |
• Digtheid | 389/km2 (1 010/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0% |
• Indiërs/Asiërs | 0% |
• Bruin mense | 3.0% |
• Swart mense | 96.9% |
• Ander | 0.1% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 95.2% |
• Afrikaans | 3.2% |
• Ander | 1.5% |
Poskode (strate) | 5740 |
Poskode (posbusse) | 5740 |
Skakelkode | 046 |
Balfour is 'n klein dorpie aan die voet van die Katberg in die Oos-Kaap. Dit is as sendingstasie van die Glasgow-sendinggenootskap in 1828 deur John Ross en McDiarmind gestig, en na Robert Balfour, die eerste sekretaris van die genootskap, genoem.
Die kerkgebou en pastorie van die NG gemeente Greykerk, waarvan die grense met die distrik Stockenström ooreengestem het en waarvan die hoofdorp Seymour was, was jare lank naby hier geleë tot die gemeente in 1983 by Fort Beaufort ingelyf is. Sowat 8 km van hier is die meer as 160 jaar oue gebou van die eertydse NG gemeente Stockenström, 'n gemeente wat later jare aan die Sendingkerk oorgedra is. Die afstigting van die Greykerk van Stockenström op rassegrondslag het die weg gebaan vir afsonderlike kerke vir elke rassegroep in die Nederduits Gereformeerde Kerkfamilie.
Die hoofbedrywe in die gebied, wat bekend is om sy asemrowende natuurskoon, is lemoen- en tabakboerderye en saagmeulens.