Benjamin Radford

Benjamin Radford
Ben Radford doseer by CFI West oor Paranormale ondersoeke, 18 Junie 2011
Gebore02 Oktober 1970 (1970-10-02)
Alma materUniversiteit van Buffalo, New York
Universiteit van Nieu-Meksiko
Magister in Onderwys
Baccalaureus in Sielkunde
BeroepSkrywer, ondersoeker, Potgooiuitsaaier, navorsingsgenoot
Bekend virmedia- en wetenskapgeletterdheidsopvoeder, wetenskaplike paranormale ondersoek, MonsterTalk-potgooi, Squaring the Strange-potgooi
Webwerfhttp://www.BenjaminRadford.com/
Handtekening

Benjamin Radford (gebore op 2 Oktober 1970) is 'n Amerikaanse skrywer, ondersoeker en skeptikus. Hy het al meer as twintig boeke geskryf of bydrae aan gelewer en meer as 'n duisend artikels en kolomme geskryf oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe, waaronder stedelike legendes, onverklaarbare raaisels, die paranormale, kritiese denke, massahisterie en mediageletterdheid. Sy boek, Mysterious New Mexico: Miracle, Magic, and Monsters in the Land of Enchantment, is in die somer van 2014 gepubliseer en is 'n wetenskaplike ondersoek na beroemde legendes en volksoorleweringe in die staat Nieu-Meksiko. In 2016 het Radford Bad Clowns, 'n 2017 Independent Publisher Book Awards-bronspryswenner, gepubliseer[1] en hy word beskou as 'n kenner van slegte narre.[2]

Radford het verskyn op Good Morning America,CNN, die Geskiedeniskanaal, National Geographic Channel, die Leerkanaal, CBC, BBC, ABC-nuus, The New York Times, en vele ander afsetpunte.

Radford karakteriseer homself as een van die wêreld se min wetenskapsgebaseerde, paranormale ondersoekers, en het eerstehandse navorsing gedoen oor psigiese mense, spoke,[3] eksorcismes, wonderwerke, Bigfoot, stigmata, meermonsters, VVV- waarnemings, reïnkarnasie, gewassirkels en ander onderwerpe. "Ek is oopkop. Ek het nooit gesê dat ek nie glo dat daar spoke bestaan nie. Maar ek kan sê dat ek na die navorsing wat gedoen is, gekyk het en dat ek persoonlike ondersoeke gedoen het. In elke spesifieke geval is daar is geen goeie, dwingende bewyse, en tot dusver het ek dit nog nie gesien nie."[4]

Hy praat gereeld op universiteite en konferensies regoor die land oor sy navorsing, en oor wetenskap en skeptisisme.[5] Radford se boeke en ondersoeke is opgeneem in verskeie universiteitskursusse oor kritiese denke, waaronder die Universiteit van Wes-Washington en die Universiteit van Nieu-Meksiko.[6]

Radford lewer ook 'n bydrae tot die webwerf Snopes.com, waar hy valse mitologie en 'n verskeidenheid gewilde mites, insluitend The Amityville Horror,[7] en die bewering dat mense slegs 10% van hul breine gebruik, ondersoek het en artikels oor geskryf het.[8]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named IPB
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Kob
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Amherst
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named SFNM
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named MCSSKEPTICAMP
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named SPIBook
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Amity
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Tien

Benjamin Radford

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne