| |
Periode: 2021 – 2022 | |
Strekking: regs-sentraal-links | |
Premier: Yair Lapid (Yesh Atid) | |
Beoogde premier: Naftali Bennett (Yamina) | |
Presidente: Reuven Rivlin (HaLikud) (2021), Isaac Herzog (HaAvoda) (2021-) | |
Deelnemende partye: | |
* Yesh Atid | |
* Kahol Lavan | |
* HaAvoda | |
* Yisrael Beiteinu | |
* Yamina | |
* Tikva Hadasha | |
* Meretz | |
* Ra'am | |
Setels: 60 | |
Vorige: Netanyahu-Gantz-kabinet | |
Volgende: Netanyahu VI-kabinet |
Die Bennett-Lapid-kabinet, Hebreeus: ממשלת ישראל השלושים ושש - Mem'shelet Yisra'el HaShloshim VeShesh, was die 36ste regering van Israel gewees.[1] Hierdie kabinet het van 13 Junie 2021 tot 29 Desember 2022 regeer.[2] Die Eerste minister was Naftali Bennett van die Yamina-alliansie gewees. Volgens 'n ooreenkoms binne die koalisie sou Yair Lapid van die Yesh Atid-party op 27 Augustus 2023 by Bennett oorneem en die premier word,[3] maar Lapid was Bennett reeds op 1 Julie 2022 opgevolg omdat die kabinet op 30 Junie geval was en sedertdien demissionêr was.[4]
In die kabinet het agt partye saamgewerk (waaronder 'n Arabiese party), wat verskillende oortuigings huldig maar hul kragte saamgesnoer het, sodat Benjamin Netanyahu van die HaLikud-party as premier uitgekikker was. Die Bennett-Lapid-kabinet het tot 6 April 2022 oor 61 setels beskik in die 24ste Knesset.[5] Sedertdien het die kabinet slegs uit 60 setels bestaan.[6]