Bergjode | |
---|---|
Bergjode van die Kaukasus, ca. 1900 | |
Totale bevolking: | 2004: 150 000 tot 270 000 (geskat) 1970: 50 000–53 000 1959: 42 000–44 000 (geskat) 1941: 35 000 1926: 26 000[1] (geskat) 1897: 31 000 |
Belangrike bevolkings in: | Israel 100 000 tot 140 000 Azerbeidjan 22 000 tot 50 000[2] |
Taal: | Hebreeus, Judeo-Tat, Russies, Azerbeidjans |
Geloofsoortuiging: | Judaïsme |
Verwante etniese groepe: | Jode, Asjkenasiese Jode, Bene Israel, Beta Israel, Boerejode, Mizrachi-Jode en Sefardiese Jode |
Bergjode of Kaukasiese Jode (Azerbeidjans: Dağ Yəhudiləri; Hebreeus: יהודי קווקז, Jehoedéj Kafkas of יהודי ההרים, Jehoedéj he-Harim, Russies: Горские евреи, Ghorskije Jewrej[5]) is Jode van die oostelike en noordelike Kaukasus, veral Azerbeidjan, Dagestan, Tsjetsjnië en Ingoesjetië. Hulle is die afstammelinge van Persiese Jode uit Iran.[6][7] Bergjode verwys na hulself as Djoehoer ("Jode") en na hul taal as Djoehoeri ("Joods").
Die Bergjode-gemeenskap het hulle vanaf die 5de eeu in Antieke Persië gevestig; hul taal, Judeo-Tat genoem, is 'n antieke Suidwes-Irannese taal wat baie elemente van antieke Hebreeus bevat en nou verwant is aan Persies.[8]
Volgens bewerings het hulle Persië uit die Antieke Israel reeds in die 8ste eeu v.C. bereik. Hulle het voortgegaan om na die ooste te migreer en hulle uiteindelik in die bergagtige gebiede van die Kaukasus gevestig. Die Bergjode het talle historiese wisselvallighede oorleef omdat hulle hulle in uiters afgeleë en bergagtige gebiede gevestig het. Die Joodse godsdiens en gebruike is deur eeue heen onderhou en bewaar. Hulle was bekend as krygers en perdryers.[verwysing benodig]
Die belangrikste Bergjode-nedersetting in Azerbaijan is Qırmızı Qəsəbə, ook "Jerusalem van die Kaukasus" genoem.[9][10] In Russies was Qırmızı Qəsəbə eens bekend as Еврейская Слобода (Jewrejskaja Sloboda, "Joodse dorpie"), maar tydens die Sowjet-tye is dit herdoop na Красная Слобода (Krasnaja Sloboda, "Rooi dorpie").[11]
Bergjude word onderskei van Georgiese Jode van die Kaukasusberge. Die twee groepe is kultureel en etnies anders, praat verskillende tale en het baie verskille in gebruike en kultuur.[12]
As gevolg van die alijá het die meeste Bergjode hulle in Israel gevestig, waar tussen 100 000 en 140 000 leef. In Azerbeidjan is nog tussen 22 000 en 50 000 Bergjode oor. 'n Bykomende 10 000 tot 40 000 het hulle in die Verenigde State gevestig.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)