Bihari-tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Indië en Nepal |
Genetiese klassifikasie: |
Indo-Europees Indo-Irannees Indo-Aries Oos-Indo-Aries Bihari-tale |
Onderafdelings: |
Angika
Bajjika
Khortha
Kudmali
Panchpargania
|
Verspreiding van Indo-Ariese tale met die Bihari-tale |
Die Bihari-tale word algemeen by die oostelike tak van die Indo-Ariese tale gegroepeer.[1][2] Die Bihari-tale word veral in die Indiese deelstate Bihar, Jharkhand, Wes-Bengale en Uttar Pradesh, asook in Nepal gebesig.[3][4]
Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Bhojpuri (40 miljoen), Maithili (34 miljoen), Magahi (20,7 miljoen) en Angika (15 miljoen). Van die bekendste Bihari-tale is waarskynlik Pali, die taal van die Pali-kanon, wat vandag net as 'n liturgiese taal in Boeddhisme gebruik word. Die Bihari-tale word soms as dialekte van Hindi beskou. Die Bihari-tale vorm 'n dialekkontinuum wat 'n presiese afbakening van enkele tale moeilik maak.
Ondanks die groot aantal sprekers van hierdie tale geniet net Maithili grondwetlike erkenning in Indië, nadat dit met die 92ste byvoeging van 2003 in die grondwet van Indië opgeneem is.[5] Bhojpuri, Magahi en Maithili geniet egter amptelike status in Jharkhand.[6] Aangesien alle inheemse moedertale van Nepal as nasionale tale erken word, dien Bhojpuri, Magahi en Maithili onder meer as nasionale tale van Nepal.[7]
In Bihar is Hindi die taal wat vir onderwys en amptelike sake gebruik word.[8] Hierdie tale is tydens die 1961-sensus amptelik as Hindi beskou. Sulke staats- en nasionale politiek skep voorwaardes vir die bedreiging van tale.[9] Ná onafhanklikheid het Hindi as enigste tal amptelike status verkry in die Bihar se ampstaalstatuswet van 1950.[10] Hindi het sy status as enigste ampstaal in Bihar verloor, toe in 1981 Oerdoe die tweede ampstaal geword het.