Die Birr is die amptelike geldeenheid van Ethiopië.
Voor 1976 was die Engelse vertaling van birr "dollar" gewees, maar deesdae staan dit amptelik as birr in Engels en ander tale bekend.
In 1931 het die Keiser van Ethiopië, Haile Selassie, formeel versoek dat die internasionale gemeenskap die naam Ethiopië gebruik (toe reeds intern so bekend vir ten minste 1600 jaar) in plaas van Abessinië, en die Bank van Abessinië het toe ook die Bank van Ethiopië geword. Dus kan die voor-1931 geldeenheid beskou word as die Abessiniese birr en die na-1931 geldeenheid die Ethiopiese birr, maar dit is steeds dieselfde land en dieselfde munt.
In 2008 was daar 186 miljard birr (VS$ 14,7 miljard of €9,97 miljard) in sirkulasie gewees.
Banknote is in die onderstaande reekse deur die National Bank of Ethiopia uitgereik:
Reeks | Denominasies |
1945 | 1, 5, 10, 50, 100 en 500 birr |
1961 | 1, 5, 10, 20, 50, 100 en 500 birr |
1966 | 1, 5, 10, 50 en 100 birr |
1976 | 1, 5, 10, 50 en 100 birr |
1991 | 1, 5, 10, 50 en 100 birr |
1997 | 1, 5, 10, 50 en 100 birr |
2003 | 1, 5, 10, 50 en 100 birr |
2004 | 50, 100 birr |
2006 | 1, 10, 50, 100 birr.[1] |
Banknote van die Ethiopiese birr | ||||
---|---|---|---|---|
Waarde | Voorkant | Agterkant | ||
1 birr | 'n Jong seun | Tisisat-waterval (Blounyl) | ||
5 birr | Oes van koffie | Koedoe en rooikat | ||
10 birr | Mandjievlegster | Trekker | ||
50 birr | Ploeg | Enqulal Gemb fort (Gondar) | ||
100 birr | Ploeg | 'n Man, mikroskoop |