Boksburg | |
---|---|
Uitsig oor Boksburg | |
Koördinate: 26°12′45″S 28°15′45″O / 26.21250°S 28.26250°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Ekurhuleni |
Stigting | 1887[1] |
Oppervlak | |
• Totaal | 162,35 km2 (62,68 vk. myl) |
Hoogte | 1 694 m (5 558 ft) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Totaal | 260 321 |
• Digtheid | 1 603/km2 (4 150/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 28.4% |
• Indiërs/Asiërs | 2.5% |
• Bruin mense | 11.6% |
• Swart mense | 56.7% |
• Ander | 0.8% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 28.5% |
• Engels | 18.6% |
• Zoeloe | 14.8% |
• Noord-Sotho | 9.1% |
• Ander | 29.0% |
Poskode (strate) | 1459 |
Poskode (posbusse) | 1460 |
Skakelkode | 011 |
Boksburg is 'n stad aan die Oos-Rand van Gauteng, Suid-Afrika. Dit is in 1887 uitgelê om die omliggende goudmyne te bedien, en is die tweede oudste stad aan die Witwatersrand. Dit is genoem na die staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek, Willem Bok. Hoofrifweg het Boksburg verbind aan al die ander hoofmyndorpe aan die Witwatersrand en die Angelo Hotel (1887) het gedien as 'n skofpos.
Die mynkommissaris, Montague White, het 'n groot dam laat bou wat "White's Folly" gedoop is omdat dit vir jare lank leeg was. Na 'n oorstroming was die spotdrywers stil. Hierdie 150 000-vierkante meter dam is nou die Boksburgmeer wat omring word deur groot grasperke, bome en terrasse. 'n Spoorlyn is gebou om Boksburg met Johannesburg te verbind in 1890.
Boksburg vorm 'n deel van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit, wat die groter Oos-Rand insluit.