Britoniese tale Brythoniese of Britse tale
| |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Wallis Cornwall Bretagne |
Genetiese klassifikasie: |
Indo-Europees Kelties Eiland-Kelties Britoniese tale |
Onderafdelings: |
Pikties (moontlik)
|
Groot-Brittanje en Ierland in die vroeë-middel 1ste Millenium voor die stigting van die Angel-Saksiese koninkryke: Hoofsaaklik Britoniese gebiede Hoofsaaklik Piktiese gebiede Hoofsaaklik Goideliese gebiede |
Die Britoniese tale (Engels: Brythonic languages), of Britse tale, vorm een van die twee takke van die Eiland-Keltiese taalfamilie, die ander tak is die Goideliese tale.[1] Die Engelse naam Brythonic is deur die Walliese Keltistiekus, Sir John Rhys, afgelei van die Walliese woord Brython, wat "inheemse Brit" beteken teenoor die Angel-Sakse of Gaels.
Die Britoniese tale is histories in Groot-Brittanje gepraat vanaf ten minste die Ystertydperk tot vandag, oorspronklik as die meerderheidstaal maar nou as minderheidstale in Wallis en Cornwall. In die Eiland Man en Skotland is die Britoniese tale vervang deur Goedeliese tale wat weer later deur die Germaanse taal Engels verdring is. Deur emigrasie is die Brithoniese taal Bretons in Bretagne op die Europese vasteland in die weste van Frankryk gevestig. Wallies is later ook onder andere na die Chubut-vallei in Patagonië in Argentinië.
Vandag is die belangrikste Britoniese tale Wallies en Bretons wat as gemeenskapstale oorleef. Kornies het aan die einde van die 18de eeu uitgesterf maar voortgesette pogings is sedert die 20ste eeu aangewend. Kumbries is 'n ander vername uitgestorwe Britoniese taal wat in die noorde van Engeland en die suide van wat vandag Skotland gepraat is. Die taal van die Pikte, Pikties, was moontlik ook 'n Britoniese taal. Dit kon egter ook 'n suster taal van Britonies gewees het of geheel en al 'n ander moontlik nie Indo-Europese taal.[2]