| |||||
Habana in ligte luim tydens 'n toer | |||||
Volle naam | Bryan Gary Habana | ||||
---|---|---|---|---|---|
Bynaam | Mister Kardinaal, Habernero,[1] Dash[2] | ||||
Geboortedatum | 12 Junie 1983 | ||||
Geboorteplek | Benoni, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,80 m | ||||
Massa | 94 kg | ||||
Skool | King Edward VII Skool | ||||
Universiteit | Randse Afrikaanse Universiteit | ||||
Beroep | Professionele Rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Huidige status | |||||
Posisie | Linkervleuel | ||||
Huidige span | Toulon | ||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Vleuel, senter | ||||
Springbokno. | 766 | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2013–2018 | Toulon | 66 | (115) | ||
korrek soos op 30 September 2017. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2003–2004 2005–2009 2010–2013 |
Goue Leeus Blou Bulle Westelike Provinsie |
21 14 8 |
(85) (45) (10) | ||
korrek soos op 30 September 2018. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2005–2009 2010–2013 |
Bulls Stormers |
61 57 |
(185) (95) | ||
korrek soos op 30 September 2018. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2004 2004–16 (toets) 2007 (toer) 2014 |
SA o/21 Suid-Afrika Suid-Afrika Springbok XV |
3 124 2 2 |
(15) (335) (0) (5) | ||
korrek soos op 30 September 2018. | |||||
Nasionale Sewesspan | |||||
Jare | Land | Toernooie | |||
2004, 2016 | Blitsbokke | 4 (15) |
Bryan Gary Habana OIS (gebore 12 Junie 1983[1] in Benoni) is 'n Springbokrugbyspeler wat tot in 2013 vleuel vir die Westelike Provinsie en Stormers gespeel het. Hy het vroeër ook vir die Blou Bulle in die Curriebeker en die Bulls in Super 14 gespeel asook buitesenter en skrumskakel in provinsiale rugby. Hy is reeds voor hy Superrugby begin speel het as Springbok gekies en het die eerste keer toe hy aan die bal geraak het 'n drie gedruk in 'n toets teen Engeland op Twickenham-stadion in 2004.
Habana se spoed is legendaries. Destydse toetse het bevestig dat hy die vinnigste vleuel in Suid-Afrikaanse rugby was, soos talle kere ook in wedstryde bewys is. Habana het ook aansienlike boliggaamsterkte vir 'n vleuel, en kan 160 kg opstoot op 'n bankdruk. Verder was hy 'n effektiewe verdediger waar hy spelers in die oopveld agterna gesit het.
Habana het internasionale erkenning gekry vir sy kampioenskapswendrie in die 2007 Super 14-eindstryd.[3] Hy hou die rekord vir die meeste drieë gedruk deur 'n Springbok: 67. Op 24 April 2018 het Habana sy uittrede uit rugby met die einde van die Franse Top 14-klub Toulon se seisoen in 2018 aangekondig.[4]