Build One South Africa

Build One South Africa (BOSA) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party. Dit word gelei deur Mmusi Maimane, die leier van die One SA Movement en die voormalige leier van die Demokratiese Alliansie. Die onderleier is Nobuntu Hlazo-Webster, stigter en sameroeper van die Suid-Afrikaanse Vrouekommissie. Die voorsitter van die party is die huidige Nelson Mandelabaai-onderburgemeester Mkhuseli Jack. Die party is op 24 September 2022 in Naledi, Soweto, van stapel gestuur.[1]

Die party het sy eerste tussenverkiesing in Oktober 2023 betwis en 1% van die stemme in die wyk een verkiesing in die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit gewen.[2]

Die party het aan die algemene verkiesing van 2024 as 'n "sambreelorganisasie" vir onafhanklike kandidate deelgeneem.[3] Maimane sal as die party se presidentskandidaat in die verkiesings staan.[4]

Die party het in 2024 0,41% van die nasionale stemme in die verkiesing gekry[5] en twee setels in die Nasionale Vergadering.

  1. siyamtanda.capa. "Maimane's new party for political change". www.iol.co.za (in Engels). Besoek op 25 September 2022.
  2. Sussman, Wayne (12 Oktober 2023). "Oktober by-elections: EFF, PA upset ANC in Mpumalanga, N Cape". Daily Maverick (in Engels). Besoek op 12 Oktober 2023.
  3. "'We must put a job in every home': Maimane launches Build One SA party". TimesLIVE (in Engels). Besoek op 25 September 2022.
  4. Masungwini, Norman. "Maimane returns to politics with Bosa". Citypress (in Engels (VSA)). Besoek op 25 September 2022.
  5. Shiko, Cliff (1 Junie 2024). "Bosa disappointed by results, but satisfied with electoral process". Jacaranda FM. Besoek op 2 Junie 2024.

Build One South Africa

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne