Ds. Casper Jan Hendrik Vorster (noemnaam Jan, 15 Mei 1842 – Humpata, Angola, 20 Mei 1899) was predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerk, te wete Fauresmith 1880–1882, Bethulie 1882–1894, Humpata 1894–1897 en Ventersburg 1897–1899. Hy is oorlede terwyl hy en sy derde vrou besoek gebring het aan die lidmate van sy voorlaaste gemeente.