C.J. Langenhoven | |
---|---|
C. J. Langenhoven met Mev. Langenhoven by die kerk in Oudtshoorn op die huweliksdag van hul dogter, Engela, in 1926. | |
Gebore | Cornelis Jacob Langenhoven 13 Augustus 1873 |
Sterf | 15 Julie 1932 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer, redakteur, politikus |
Eggenoot | Lenie van Velden |
Kinders | Engela |
Cornelis Jacob Langenhoven (* 13 Augustus 1873 - † 15 Julie 1932) was ’n regsgeleerde, koerantredakteur en Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg. Hy het as skrywersname C.J. Langenhoven en Sagmoedige Neelsie gebruik. Sy rol in die Afrikaanse literatuur en kultuurgeskiedenis was formidabel. As Volksraadslid en senator speel hy ’n groot rol in die erkenning van Afrikaans as amptelike landstaal.