CAF Kampioene-liga

CAF Kampioene-liga
2022–23 CAF Kampioene-liga
Beskrywing.
Die trofee waarom meegeding word

Sportsoort Sokker
Gestig 1964
Eienaar CAF
Inwydingseisoen 1964
Deelnemende lande Afrika
Aantal spanne 16 (groepfase)
68 (algeheel)
(uit 56 assosiasies)
Mees onlangse kampioen Vlag van Marokko Wydad AC (2022)
Verwante kompetisies CAF Superbeker
CAF Confederation Cup
FIFA-Klubwêreldbeker

Die CAF Kampioene-liga is die belangrikste internasionale sokkerbekertoernooi in Afrika. Kampioene van Afrika se nasionale sokkerligas (soos vir Suid-Afrika die Premier Sokkerliga) kwalifiseer vir hierdie toernooi. Die CAF Kampioene-liga kan beskou word as Afrika se weergawe van die UEFA Champions League (wat net vir Europese sokkerspanne is). Die CAF Kampioene-liga word deur die Konfederasie van Afrikasokker (CAF) georganiseer.

Na kwalifikasie ding 32 spanne mee vir die uitklopfase van die toernooi. Die spanne wat in die tweede ronde uitgeklop word plaas hul vir die CAF Confederation Cup (die tweede internasionale Afrika-sokkertoernooi). Die 16 spanne wat na die uitklopfase oor is word verdeel in vier groepe van vier spanne. Die wenners en naaswenners van die groepe speel tydens beide die kwart- en halfeindrondte 'n tuis- en wegwedstryd, waarop die eenmalige eindstryd volg.

Die wenner word algemeen beskou as die beste sokkerspan in Afrika en kwalifiseer vir die FIFA-Klubwêreldbeker. Die huidige kampioen is Wydad AC. In 2022 het hulle Al-Ahly SC met 2–0 in die eindstryd geklop.

Orlando Pirates FC en Mamelodi Sundowns is die Suid-Afrikaanse spanne wat die Kampioene-liga (in 1995 en 2016, onderskeidelik) gewen het. Mamelodi Sundowns het in 2001, Orlando Pirates FC in 2013 en Kaizer Chiefs in 2021 as naaswenner geëindig.


CAF Kampioene-liga

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne