Cabinda (ook Kabinda, die voormalige Portugees-Kongo) is 'n eksklawe en provinsie van Angola. Dit grens in die noorde aan die Republiek van die Kongo en in die suide aan die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die hoofstad en grootste stad is Cabinda. Die provinsie het in 2007 sowat 300 000 inwoners gehad met 'n oppervlakte van 7 270 km².
Tussen 1885 en 1975 was Cabinda 'n deel van die Portugese Ryk. Oorspronklik was Cabinda as 'n onafhanklike land beplan, maar Angola beset Cabinda en sedert 1975 is Cabinda 'n deel van Angola en die Bakongo strewe na onafhanklikheid.