Dr. Cassie Venter | |
Dr. Cassie Venter
| |
Naam | Casper Jan Hendrik Venter |
---|---|
Geboorte | 26 Februarie 1940 Postmasburg, Kaapprovinsie, Suid-Afrika |
Kerkverband | Gereformeerde Kerk |
Gemeente(s) | Laeveld, 1965–1968 Koster, 1968–1972 Meyerspark, 1972–1981 Stellenbosch/Strand, 1981–1982 Stellenbosch, 1982–1985 |
Jare aktief | 1965–2005 (1985–2005 as hoogleraar) |
Kweekskool | Potchefstroom |
Dr. Casper Jan Hendrik (Cassie) Venter (gebore Postmasburg, Kaapprovinsie, 26 Februarie 1940) was tydens sy 40 jaar lange loopbaan vanaf 1965 sowat 20 jaar lank predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika en daarna ook sowat 20 jaar lank professor aan die Teologiese Skool Potchefstroom.
Dr. Venter se lewensfilosofie is: “Dien God, dien jou naaste, wees getrou aan jou roeping,” terwyl hy die hoogtepunt van sy loopbaan beskryf as “die vervulling van herderlike sorg, jeugwerk en navorsing.” Sy belangstellings is veral die Griekse en Romeinse taal en kultuur.