Chanson de geste

Die agt fases van die Rolandslied in een prent.

Die Chansons de geste ((nl) ridderromans) is oorwegend Franstalige heldegedigte wat oor die geste (heldedade) van geskiedkundige of legendariese ridders handel. Gewoonlik word die hoofkarakters se dade as voortreflike voorbeelde van ridderlikheid beskryf. Die vroegste bekende Chansons de geste is aan die vooraand van 'n slag aan die leërs voorgedra soos byvoorbeeld die Rolandslied wat as aanmoediging vir Willem die Veroweraar en sy soldate gedien het voordat hulle in die slag van Hastings geveg het. Later is die Chansons ook tydens belangrike plegtighede aan die howe voorgedra.

Digters het die vroeë heldegedigte mettertyd uitgebrei. Die gewildste onderwerpe is die vroeë Karolingiese geskiedenis, die kruistogte, die Newelingetyd en historiese persoonlikhede. In die 12de en 13de eeu is die meeste bewerkings voltooi.


Chanson de geste

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne