Chathameilande Inheemse naam: Chatham Islands (Engels) Wharekauri (Māori) | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van Chathameilande | |
Geografie | |
Ligging | Nieu-Seeland, Oseanië en Stille Oseaan |
Koördinate | 44°00′S 176°50′O / 44.000°S 176.833°O |
Argipel | Nieu-Seeland |
Totale eilande | 10 |
Hoofeilande | Chathameiland, Pitteiland |
Oppervlakte | 793 88 vk km
299 m |
Administrasie | |
Nieu-Seeland
| |
Demografie | |
Bevolking | 730
|
Bevolkingsgroepe | Europeërs en Maori |
Nieu-Seeland se mees oostelike punt |
Die Chathameilande (Engels: Chatham Islands, Māori: Wharekauri[1]) is 'n eilandgroep sowat 800 km oos van die Nieu-Seelandse Suideiland. Dit beslaan 'n oppervlakte van 793 88 km² en het 'n bevolking van 790 in 2023 gehad. Die eilandgroep bestaan uit tien eilande met 'n gemiddelde radius van 60 km, waarvan die grootste Chatham- en Pitteiland. Op die eilandgroep is Nieu-Seeland se mees oostelike punt geleë, die Forty-Fours. Van die eilande, wat voorheen ontbos is vir landbou, word deesdae deur natuurreservate beskerm omrede die unieke flora en fauna.
Die Chathameilande behoort aan Nieu-Seeland, maar nie aan enige stad of munisipaliteit nie, pleks daarvan vorm dit die Chathameilande-gebied, Nieu-Seeland se kleinste distrik.
Die Chathameilande is naby die Internasionale datumgrens geleë en is van die eerste gebiede wêreldwyd wat die nuwe jaar verwelkom.
Die Chathamalbatros broei net op die eiland.