Chichewa Chinyanja | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Zambië Malawi Mosambiek Zimbabwe | |
Totale sprekers: | 12 miljoen (2007) | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoïed Suidelike Bantoïed Bantoetale Njassa Chichewa | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Malawi, Zimbabwe | |
Gereguleer deur: | ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ny
| |
ISO 639-2: | nya
| |
ISO 639-3: | nya
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Chichewa, ook bekend as Chinyanja, is ’n taal van die Bantoetaalfamilie. Die voorvoegsel "chi" word vir tale gebruik en dit beteken dus die taal van die Chewa-stam. In Malawi is die naam in 1968 amptelik van Chinyanja na Chichewa verander op aandrang van die destydse president, Hastings Kamuzu Banda (wat self van die Chewa-stam was), en dit is steeds die naam wat meestal in die land gebruik word.[1]
In Zambië word Chichewa deur ander volke soos die Ngoni en die Kunda gepraat en die meer algemene naam Chinyanja, "(taal) van die meer" (met verwysings na die Malawimeer) word eerder gebruik. In Zambië word dit Cinyanja gespel en in Mosambiek Cinianja.