Chris Barnard | |
---|---|
Gebore | Christian Johan Barnard 15 Julie 1939 Mataffin, naby Nelspruit, Suid-Afrika |
Sterf | 28 Desember 2015 (op 76) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Alma mater | Universiteit van Pretoria |
Beroep | Skrywer, teksskrywer, filmmaker, vrugteboer |
Eggenoot | Annette (1962–1978 geskei) Katinka Heyns (1978–2015 sy dood) |
Kinders | Johan, Stephan, Tian, Simon |
Christian Johan Barnard (bekend as Chris Barnard; 1939–2015)[1] was 'n Suid-Afrikaanse outeur wat groot beroemdheid verwerf het met sy talle Afrikaanse romans, novelles, kortverhale, toneelspele, hoorspele, draaiboeke en televisiedramas. Barnard was deel van die sogenaamde Sestigers-beweging en in 1975 ’n medestigter van die Afrikaanse Skrywersgilde.[2]Hy was met die aktrise en rolprentregisseur Katinka Heyns getroud.[3]