Citrusdal | |
---|---|
Dorp | |
Uitsig oor Citrusdal vanaf die Sederberg in die skemer. | |
Koördinate: 32°35′22″S 19°00′53″O / 32.58944°S 19.01472°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Cederberg |
Stigting | 1916 |
Oppervlak | |
• Totaal | 4,70 km2 (1,81 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 7 177 |
• Digtheid | 1 527/km2 (3 950/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 14.5% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 69.0% |
• Swart mense | 15.6% |
• Ander | 0.7% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 87.5% |
• Xhosa | 5.9% |
• Sotho | 2.4% |
• Engels | 1.9% |
• Ander | 2.3% |
Poskode (strate) | 7340 |
Poskode (posbusse) | 7340 |
Skakelkode | 022 |
Citrusdal is 'n dorp op die regteroewer van die Olifantsrivier, 177 km noord van Kaapstad en byna halfpad tussen Piketberg en Clanwilliam in 'n vrugbare vallei waar, danksy kanale, sitrus op grootskaal verbou word. Die bevolking het 7 177 getel in 2011, sowat 3 100 meer as in 1996. Dit is een van die hoofdorpe in die omgewing. Die N7 nasionale pad gaan naby Citrusdal verby.