Clarence-rylaan

Clarence-rylaan
’n Beeld van die betrokke bergpas.
Klein-Hangklip te Rooiels, soos vanaf Clarence-rylaan gesien

Ligging Tussen Gordonsbaai en Rooiels
Lengte 22 km
Oppervlak Teer
Begin in 1940
Pad R44

Die pad op die R44-pad tussen Gordonsbaai en Rooiels staan bekend as Clarence-rylaan. Hierdie toerismeroete is 22 km lank en bied 'n panoramiese uitsig oor Valsbaai, die kuslyn, Tafelberg en dele van die Kaapse skiereiland. Veral onder hengelaars en walviskykers is die kusstrook gewild. Kogelbaai word druk besoek deur branderplankryers.

Die rylaan is aan die oostekant van Valsbaai in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die pad volg die kontoere van die oostekant van Valsbaai en verbind Strand met Kaap Hangklip in die suide. Die roete is soortgelyk aan Chapmanspiek-rylaan verder weswaarts.[1]

  1. http://www.marionwhitehead.co.za

Clarence-rylaan

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne