Coligny | |
---|---|
Die hoofstraat van Coligny. | |
Koördinate: 26°20′0″S 26°19′0″O / 26.33333°S 26.31667°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distriksmunisipaliteit | Ngaka Modiri Molema |
Plaaslike Munisipaliteit | Ditsobotla |
Stigting | 1918 |
Oppervlak | |
• Totaal | 4,36 km2 (1,68 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 2 271 |
• Digtheid | 520/km2 (1 300/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 2725 |
Skakelkodes | 018 |
Coligny is 'n dorp in die Suid-Afrikaanse provinsie Noordwes aan die N14 nasionale pad, sowat 30 km suidoos van Lichtenburg (die naaste groot dorp) en 55 km noord van Hartbeesfontein.
Die dorp is in 1918 gestig en genoem na Gaspard de Coligny, beroemde Hugenoteleier in Frankryk. Die dorp het sy ontstaan te danke aan die bou van 'n takspoorlyn in 1911. Die dorp was eers Treurfontein genoem maar in 1923 hernoem na Coligny nadat die inwoners beswaar gemaak het teen die naam.