Consolidated PBY Catalina | |
---|---|
Tipe | Bomwerper & vliegboot |
Vervaardiger | Consolidated Aircraft |
Nooiensvlug | 21 Maart 1935 |
Onttrek | Januarie 1957 |
Hoofgebruiker | Amerikaanse Vloot Britse Lugmag |
Die Consolidated PBY Catalina is 'n vliegboot wat onder andere as 'n bomwerper en patrollievliegtuig gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit was ook gebruik om duikbote te soek en te kelder. Die PB beteken Patrol Bomber en die Y is die kode wat toegeken is aan Consolidated Aircraft.