Cry, the Beloved Country
| |
---|---|
Skrywer | Alan Paton |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Engels |
Uitgewer | Scribners (VSA) Jonathan Cape (VK) |
Uitgegee | Desember 1948 |
Bladsye | 256 bls. (handeband, VK) 273 bls. (handeband, VSA) |
ISBN | 0-224-60578-X |
Cry, the Beloved Country is 'n roman deur Alan Paton wat in 1948 gepubliseer is. Die boek handel oor ’n swart predikant en sy gesin in die 1940’s in Suid-Afrika. Dit belig groot ongelykhede tussen swart en wit mense, maar moedig hulle aan om mekaar nie te haat nie.[1] Die boek is twee keer vir die silwerdoek verwerk, in 1951 en 1995. Dit is ook as 'n musiekblyspel, genaamd Lost in the Stars (1949), aangepas.