D.F. Malherbe | |
D.F. Malherbe
| |
Geboortenaam | Daniël François Malherbe |
---|---|
Gebore | 28 Mei 1881 Daljosafat |
Oorlede | 12 April 1969 (op 87) Bloemfontein |
Blyplek | Bloemfontein |
Burgerskap | Suid-Afrikaans |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Vakgebied | Tale (Afrikaans) |
Instelling(s) | Universiteit van die Oranje-Vrystaat |
Alma mater | Victoria-kollege Universiteit van Halle Universiteit van Freiburg |
Toekennings | Verskeie Hertzogpryse |
Prof. Daniël François Malherbe (28 Mei 1881 – 12 April 1969) was ’n bekende Afrikaanse digter, dramaturg en romanskrywer. Hy is algemeen as D.F. Malherbe bekend en word veral onthou vir sy prosa asook Vergeet niet, wat as die eerste roman met artistieke waarde in Afrikaans beskou word.[1]