Daniel Sleigh | |
---|---|
Gebore | Geelbeksfontein Langebaan Weskus | 3 November 1938
Sterf | 28 Julie 2023 (op 84) |
Beroep | Skrywer, geskiedkundige |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Noemenswaardige werke | Eilande Afstande Wals met Matilda[1] |
Noemenswaardige toekennings | Verskeie, sien teks. |
Daniel Sleigh (1938 - 2023) was 'n geskiedkundige en Afrikaanse skrywer van gedigte, jeugverhale, romans en historiese werke. Met sy skryfwerk het hy benewens ander toekennings ook die W.A. Hofmeyr-prys, die Universiteit van Johannesburg-prys, die M-Net-prys, die Helgaard Steyn-prys, die Suid-Afrikaanse Letterkundetoekennings se K. Sello Duiker-prys en die ATKV-Prosaprys verower. Hy het ook verskeie romankompetisies gewen. Sleigh se Eilande, in Engelse vertaling (Islands), word gelys as een van die "1001 Boeke om te Lees Voordat Jy Sterf."[2]