David Wilcocks

Ds. David Wilcocks omstreeks 1920 toe hy predikant was op Mosselbaai.

Ds. David Wilcocks (Graaff-Reinet, 13 Februarie 1861Wellington, 20 Julie 1944) was 'n leraar in vyf gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk tussen die jare 1891 en 1925, voorsitter van die Sinodale Opvoedingskommissie en dosent aan die Sendinginstituut op Wellington, waar hy einde 1932 afgetree het. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog, toe hy 'n veldprediker was, het hy 'n jaar tronkstraf uitgedien vir hoogverraad omdat hy 'n dankgebed uitgespreek het ná twee groot Boereoorwinnings.


David Wilcocks

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne