Die Denisova-hominien of Homo denisova is óf ’n Steentydperk-spesie van die genusHomo óf ’n subspesie van Homo sapiens. Wetenskaplikes het in Maart 2010 die ontdekking aangekondig van ’n vingerbeen van ’n jong vrou wat sowat 41 000 jaar gelede geleef het. Dit is gevind in ’n grot in Siberië wat ook bewoon is deur Neanderdallers en anatomies moderne mense,[1][2][3] hoewel DNS-studies getoon het dit verskil van albei dié spesies.[4]
Daaropvolgende studies het getoon die groep het ’n gemeenskaplike oorsprong met Neanderdallers, dat hul woongebied gestrek het van Siberië tot Suidoos-Asië en dat hulle verbaster het met die voorsate van die moderne mens.[5][6] ’n Vergelyking met Neanderdallers uit dieselfde grot dui op ’n groot mate van verbastering, met die plaaslike Neanderdaller-DNS wat 17% uitmaak van die Denisova-genoom. Daar was ook tekens van verbastering met ’n tot nog toe ongeïdentifiseerde Archaïese menslike linie.[7]
Twee tande en ’n toonbeentjie van verskillende individue van dieselfde bevolking is ook gevind.
↑Krause, Johannes; Fu, Qiaomei; Good, Jeffrey M.; Viola, Bence; Shunkov, Michael V.; Derevianko, Anatoli P. & Pääbo, Svante (2010), "The complete mitochondrial DNA genome of an unknown hominin from southern Siberia", Nature464 (7290): 894–897, doi:10.1038/nature08976, PMID20336068