Die Vaderland

Die Vaderland se voorblad van 30 April 1981.
Die buiteblad van die eerste uitgawe van Die Week op 23 Februarie 1912.
Die buiteblad van die eerste uitgawe van Het Volk op Vrydag 19 September 1913.
Die buiteblad van die eerste uitgawe van Ons Vaderland op Vrydag 10 September 1915. Die redakteur was Jan Kamp.

Die Vaderland was 'n Afrikaanse middagblad in Johannesburg van 1936 tot 1988.

Dit was die eerste Afrikaanse dagblad in die stad en tydens sy hele bestaan 'n vurige ondersteuner van die Nasionale Party, buiten van 1934 tot 1939 toe dit die Verenigde Party ondersteun het omdat genl. J.B.M. Hertzog hom toe in daardie party bevind het ná die samesmelting met die Suid-Afrikaanse Party van genl. Jan Smuts. Gevolglik het Kaapse Nasionaliste in 1937 Die Transvaler in Johannesburg opgerig as spreekbuis van die Gesuiwerde Nasionale Party. Tot en met die verskyning van Beeld in 1974 was Die Transvaler Johannesburg se enigste Afrikaanse oggendblad en Die Vaderland die enigste Afrikaanse middagblad. Die koms van die Nasionale Pers se Beeld het in 1983 tot die sluiting van Oggendblad en Hoofstad in Pretoria gelei, in 1988 tot die inlywing van Die Vaderland by Die Transvaler en uiteindelik, in 1993, ook tot die sluiting van Die Transvaler, Perskor se laaste Afrikaanse dagblad, waarna die maatskappy nog net The Citizen uitgegee het en die helfte van die Sondagblad Rapport besit het.

Harm Oost, redakteur van Die Week, Het Volk en Ons Vaderland.

Die Vaderland

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne