Donetsk

Донецьк • Донецк
Donetsk

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Oekraïne Oekraïne (de jure)
Vlag van Volksrepubliek Donetsk Volksrepubliek Donetsk
(de facto)
 Oblast Donetsk
 Stigting 1869
 Oppervlakte:  
 - Totaal 358 vk km
 Hoogte bo seevlak 169 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2021) 905 364
 - Bevolkingsdigtheid 2 960/vk km
 - Metropolitaanse gebied 1 560 000
 Tydsone UTC +2 (OET)
 - Somertyd UTC +3 (OEST)
 Burgemeester Alexei Koelemzin
 Amptelike webwerf gorod-donetsk.com

Donetsk (Oekraïns: Донецьк, Donećk, [doˈnɛtsʲk], ; Russies: Донецк, [dɐˈnʲetsk]) is die vyfde grootste stad van Oekraïne en lê in die ooste aan die grens met Rusland in die Donetsk-oblast. Die stad is in 1869 deur die Russe gestig. Die stad het 'n bevolking van 905 364 en van 1 560 000 in die metropolitaanse gebied in 2021 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 358 km². Donetsk was een van die gasheerstede tydens die Europese Sokkerkampioenskap 2012 wat Oekraïne en Pole saam aangebied het. Sedert 2014 dien dit as hoofstad van die selfverklaarde Volksrepubliek Donetsk wat sedert 2022 deur Rusland erken word.


Donetsk

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne