Die neutraliteit van hierdie artikel (of dele daarvan) word tans betwis. Wikipedia se beleid is dat alle artikels vanuit ’n neutrale standpunt geskryf moet wees. Sien die besprekingsbladsy vir besonderhede of ons riglyne wat kan help om die artikel meer onpartydig te maak. |
Hierdie artikel moet skoongemaak word om aan Wikipedia se standaarde te voldoen. Die spesifieke probleem is: Inleiding moet verbeter word (NPOV). (Vind uit wanneer en hoe om hierdie sjabloonboodskap te verwyder) |
Waarskynlik kan min ander gebeurtenisse in die Suider-Afrikaanse geskiedenis van soveel lyding en leed getuig as die Dorslandtrek (1874–1881). Die populêre reisverhaalskrywer Lawrence Green het dit byvoorbeeld beskryf as “die seerste hoofstuk in die hele geskiedenis van die Afrikanerras”.[1]
Die woorde van ’n vrou wat die trek oorleef het, “als wij ooit weder naar Transvaal terug willen en het pad vergeten zijn, dan zullen wij het kunnen weervinden langs de graven onzer kleinen”, is tekenend van die verskriklike lyding tydens die Dorslandtrek.[2]