Die Draco-dwergsterrestelsel is ’n sferoïdale satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeld Draak (Draco). Dit is in 1954 deur Albert George Wilson van die Lowell-sterrewag ontdek op fotoplate van die National Geographic Society in Washington D.C. se Palomar-sterrewag-lugopname.[1]
- ↑ Wilson, Albert George (Februarie 1955), "Sculptor-Type Systems in the Local Group of Galaxies", Publications of the Astronomical Society of the Pacific 67 (394): 27–29, doi:10.1086/126754, Bibcode: 1955PASP...67...27W