Dukkha | ||
Vertalings | ||
Sanskrit | दुःख (duḥkha) | |
Pali | दुक्ख (dukkha) | |
Bengaals | দুঃখ (dukkhô) | |
Singalees | දුක්ඛ සත්යය | |
Tibettaans | སྡུག་བསྔལ། (sdug bsngal) | |
Thai | ทุกข์ | |
Viëtnamees | khổ / Bất toại | |
Tradisionele Sjinees | 苦 | |
Pinyin | kǔ | |
Japannees | 苦 (koe) | |
Koreaans | 苦 (ko) |
Boeddhisme |
---|
Stigter |
Siddhartha Gautama |
Volgelinge |
488–535 miljoen |
Geskiedenis |
Geskiedenis van Boeddhisme • Kloosterlewe |
Belangrike begrippe |
Afhanklike ontstaan • Dharma • Drie Juwele • Drie kenmerke van die bestaan • Dukkha • Edel Agtvoudige Pad • Karma • Nirwana • Samsara • Verligting • Vier Edel Waarhede |
Strominge |
Mahayana • Suiwer Land • Theravada • Tibettaanse Boeddhisme • Vajrayana • Zen |
Geskrifte |
Boeddhavamsa • Pali-kanon • Lotussoetra |
Dukkha (Pali; duḥkha in Sanskrit) is ’n term in Boeddhisme wat gewoonlik as "lyding" vertaal word, maar ’n veel breër begrip is wat ook vertolk kan word as onder meer "angstigheid", "stres" en "ontevredenheid". Dit is een van die belangrikste terme in Boeddhisme. Die Boeddha het glo gesê: "Ek het een ding en net een geleer, dukkha en die beëindiging van dukkha." Die klassieke formulering van die lerings oor dukkha is die Vier Edel Waarhede, waarvan dukkha die eerste waarheid is.
Dukkha word gewoonlik verduidelik aan die hand van die volgende drie kategorieë:
Die Boeddhistiese tradisie lê klem op die belangrikheid daarvan om ’n insig in die aard van dukkha te ontwikkel, asook in die toestande wat dit veroorsaak en hoe dit oorkom kan word. Laasgenoemde word moontlik gemaak deur die Edel Agtvoudige Pad; dié proses word ook in die Vier Edel Waarhede verduidelik.