Eduard die Belyer | |
---|---|
Koning van Engeland | |
Eduard die Belyer
| |
Huis | Wessex |
Regeer | 8 Junie 1042 – 5 Januarie 1066 |
Voorganger | Hartaknoet |
Opvolger | Harold Godwinson |
Eggenote | Edith van Wessex |
Gebore | ca. 1003; Oxfordshire, Engeland |
Oorlede | 5 Januarie 1066; Londen |
Vader | Ethelred II |
Moeder | Emma van Normandië |
Feesdag | 13 Oktober |
Sint Eduard die Belyer | |
---|---|
Koning van Engeland, Belyer | |
Gebore | ca. 1003, Oxfordshire, Engeland |
Sterfte | 5 Januarie 1066, Londen |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk Oosters-Ortodokse Kerk Anglikaanse Gemeenskap |
Heiligverklaring | 13 Oktober 1161, Rome deur Pous Alexander III |
Pelgrimsoord | Westminster-abdy |
Feesdag | 13 Oktober |
Attribute | Koning gekroon met nimbus, septer, muurswaeltjie |
Beskermheilige | Moeilike huwelike; Engeland (voor 1347); Engels koninklike familie; Konings |
Eduard die Belyer (Engels: Edward the Confessor; ca. 1003 – 5 Januarie[1] 1066) was een van die laaste Angel-Saksiese konings van Engeland. Hy het sy halfbroer Hartaknoet opgevolg en het van 8 Junie 1042 tot op 4 Januarie 1066 regeer.[2] Hy word in die algemeen beskou as die laaste koning van die Huis van Wessex. Die laaste monarg is eintlik Edgar die Adeling, wat in 1066 vir ’n kort rukkie as koning uitgeroep is. Hy is egter nooit gekroon nie en het net sowat agt weke regeer.