Eetsteuring | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
ICD-10 | F50 | |
ICD-9 | 307.5 | |
MeSH | D001068 | |
Mediese waarskuwing |
’n Eetsteuring is ’n geestesteuring wat lei tot ’n afwyking van die normale eetgedrag wat pas by ’n sekere ouderdom, geslag of ander kriterium. Dit kan in uiting kom in die hoeveelheid voedsel wat iemand inneem (te veel of te min), die opbring van kos om beheer oor ’n persoon se gewig uit te oefen, die weiering van kos ens.
In die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings word drie eetsteurings beskryf:
Nog ’n steuring wat nie vermeld word nie, maar ondersoek word, is orthorexia nervosa: ’n obsessie met die gesondheidswaarde van kos.
Hoewel eens geglo is dit is ’n toestand onder vroue (van wie sowat 5–10 miljoen net in Brittanje geraak word), kom dit ook by mans voor. Sowat 10-15% van mense met ’n eetsteuring is mans (sowat 1 miljoen mans in Brittanje).[1][2][3]