Elbroes | |
---|---|
Ligging | Rusland |
Hoogte | 5 642[1] meter bo seevlak |
Reeks | Kaukasus |
Koördinate | 43°21′9″N 42°26′16″O / 43.35250°N 42.43778°O |
Bergtipe | Rustende stratovulkaan |
Laaste uitbarsting | 50 ± 50 jaar |
Eerste bestyging | 1874 |
Eerste bestyger(s) | Frederick Gardiner, Florence Crauford Grove, Horace Walker, Peter Knubel |
Maklikste roete | Hoë toer van Prijut 11 |
Elbroes se ligging in Kabardino-Balkarië, noord van Georgië |
Elbroes (Russies: Эльбрус; Karatsjai-Balkaries: Минги тау, Mingi Taw) is die hoogste en prominentste berg in Rusland en Europa. Dit is in die westelike deel van die Kaukasus geleë en is dié gebergte se hoogste piek. Die rustende vulkaan styg 5 642 m bo die seevlak uit. Dit is die hoogste stratovulkaan in Eurasië en die 10de hoogste kruin ter wêreld.[2]
Elbroes word soms as die hoogste berg in Europa beskou en is dus een van die Vulkaniese Sewe Kruine. Volgens die algemene definisie van die grens tussen Europa en Asië is Mont Blanc in die Alpe met 4 810 m die hoogste berg in Europa.
Die berg lê in Suid-Rusland, in die Russiese republiek Kabardino-Balkarië, aan die grens met Georgië. Dit het twee kruine, wat albei rustende vulkaankoepels is. Die hoogste een van die twee, die westelike kruin, is 5 642 m hoog,[3] terwyl die oostelike kruin 5 621 m hoog is.