Elisabeth Eybers | |
---|---|
Gebore | Elisabeth Françoise Eybers 26 Februarie 1915 |
Sterf | 1 Desember 2007 (op 92) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika/Nederland |
Beroep | Digter |
Eggenoot | Albert Wessels |
Elisabeth Françoise Eybers OIG (26 Februarie 1915 – 1 Desember 2007) was 'n Afrikaanse digteres, en die eerste vrou wat 'n Hertzogprys vir poësie gewen het.[1] Haar belangrikheid in die Afrikaanse poësie is geleë daarin dat sy begin het om die vrou se ervaringswêreld – die kennismaking met die liefde, swangerskap en geboorte, maar later ook besinnings oor die middeljare – te beskryf. Sy sterf in Amsterdam weens haar hoë ouderdom.[2]
<ref>
tag; no text was provided for refs named weet