Eratostenes | |
---|---|
Gebore | 276 v.C., Sirene |
Oorlede | 194 v.C. (op sowat 82), Alexandrië |
Beroep | Bibliotekaris, skrywer, digter, uitvinder |
Bekend vir | Sif van Eratostenes Stigter van geografie |
Eratostenes van Sirene (Grieks: Ἐρατοσθένης ὁ Κυρηναῖος, Eratosthénēs ho Kurēnaĩos; omstreeks 276 v.C. tot 195/194 v.C.) was ’n Griekse wiskundige, geograaf, skrywer, digter, uitvinder en veel meer. Hy was ’n geleerde man wat die hoofbibliotekaris van die Biblioteek van Alexandrië was. Sy werk kan vergelyk word met wat nou geografie is; hy het terme daargestel wat vandag nog gebruik word.[1]