Erebus | |
---|---|
Ligging | Antarktika |
Hoogte | 3 794 meter bo seevlak |
Koördinate | 77°31′47″S 167°09′12″O / 77.52972°S 167.15333°O[1] |
Topografiese kaart | Antarktika |
Bergtipe | Stratovulkaan |
Rotsouderdom | 1,3 miljoen jaar |
Eerste bestyging | 1908 |
Eerste bestyger(s) | Edgeworth David en groep[2] |
Maklikste roete | Sneeu en ys |
Erebus op Antarktika |
Erebus is 'n stratovulkaan op Rosseiland en is 3 794 meter hoog. Dit is die tweede hoogste vulkaan in Antarktika na Sidley, die hoogste aktiewe vulkaan in Antarktika, en die mees suidelike vulkaan op Aarde. Dit is die sesde hoogste eilandvulkaan in die wêreld.[3] Daar is ook drie ander vulkane naby Erebus: Terror, Bird en Terra Nova.
Die vulkaan is reeds vir 1,3 miljoen jaar aktief, en daar is 'n lawameer aan die binnekant van die krater; dit is daar sedert die vroeë 1970's.
Die vulkaan is bekend vir die Air New Zealand-vlug 901 wat op 28 November 1979 hier neergestort het.
Die mineraal Rosenbergiet word in die vulkaan aangetref.